Tommie Tiere brul vir KANSA

Met die oog daarop om geld in te samel vir kankernavorsing en as deel van ‘n bewusmakingsveldtog oor dié siekte het leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé pienk skool toe gedra.

POLOKWANE – Leerders kon elk R10 betaal om op Vrydag, 23 Maart pienk klere skool to aan te trek.

Lees ook: Join in the fun to crush cancer

Leerders kon elk R10 betaal om op Vrydag, 23 Maart pienk klere skool to aan te trek.

Tommie Tier, die skool se gelukbringer, was Woensdag, met die sluit van skole vir die vakansie, deur polisie in hegtenis geneem. Leerders en personeel moes opdok om sy borg te betaal.

Tommie Tier agter tralies.

Tommie Tier het wel ‘n ander idee gehad en het besluit om uit aanhouding te ontsnap en die leerders en personeel moes toe saamwerk om hom weer te vang.

Natasha Fourie, die organiseerder van dié insamelingsprojek, sê die skool het net so oor R4 000 ingesamel wat hulle op Woensdag, 28 Maart aan Kansa Polokwane oorhandig het.

Skoolhoof, Piet Holtzhausen, oorhandig die ingesamelde geld aan Kansa vrywilliger, Chantel van Deventer

“Ons waardeer elke sent wat ingesamel is,” vertel Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder by Kansa.

Chantel van Deventer, vrywilliger by Kansa, vertel dat hulle baie planne het om die jeug by Kansa betrokke te maak, onder andere die Cancer Colour Crush wat in April afskop.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version