POLOKWANE – Leerders kon elk R10 betaal om op Vrydag, 23 Maart pienk klere skool to aan te trek.
Lees ook: Join in the fun to crush cancer
Leerders kon elk R10 betaal om op Vrydag, 23 Maart pienk klere skool to aan te trek.
Tommie Tier, die skool se gelukbringer, was Woensdag, met die sluit van skole vir die vakansie, deur polisie in hegtenis geneem. Leerders en personeel moes opdok om sy borg te betaal.
Tommie Tier het wel ‘n ander idee gehad en het besluit om uit aanhouding te ontsnap en die leerders en personeel moes toe saamwerk om hom weer te vang.
Natasha Fourie, die organiseerder van dié insamelingsprojek, sê die skool het net so oor R4 000 ingesamel wat hulle op Woensdag, 28 Maart aan Kansa Polokwane oorhandig het.
“Ons waardeer elke sent wat ingesamel is,” vertel Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder by Kansa.
Chantel van Deventer, vrywilliger by Kansa, vertel dat hulle baie planne het om die jeug by Kansa betrokke te maak, onder andere die Cancer Colour Crush wat in April afskop.