Local NewsNews

VIDEO: Voorsmakie van heerlike A la Carte-bederf

Dié immergewilde A la Carte samestelling van verskeie staaltjies vertel deur lede van die Tafelronde en hul vroue, vind vanaf 23 tot 25 Mei in die stad plaas.

POLOKWANE – Soos in die verlede beloof die akteurs en organiseerders ‘n skaterlag-opvoering soos nog nooit in Polokwane gesien nie, so moenie dit misloop nie.

Hier is ‘n voorsmakie van die A la Carte-bederf wat op inwoners wag…

Vos Botha, voorsitter van die Tafelronde Impala 157, beloof dat gaste van dié geleentheid sal skaterlag. “Vanjaar belowe ons nog beter stints, gaste moet gereed maak om hul maagspiere te oefen,” meen hy.

Kaartjies kos R3 000 vir ‘n tafel van 10. Bespreek sommer nou al jou plek om teleurstelling te voorkom en jou plek vir die vertoning van die jaar te vereker. Vir meer inligting, kontak Pierre Bloem by 079 874 2554.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button