Grondpad-rygenot met dié nuwe Ford Ranger

Die Ford Ranger 2.2 XL D/C A/T bring 'n nuwe vlak van gerief en afronding sonder om sy robuuste vermoë prys te gee wat kliënte van hou en waardeer.

MOKOPANE – Bosveld het die werkesel getoets om te kyk waartoe hy in staat is, en was aangenaam verras. Dit was inderdaad ‘n stil en gemaklike rit en die bakkie is binne selfs goed toegerus.

Die vernuwende buite-afwerking word met die stylvolle binneruim gekombineer wat ‘n gemaklike, kontemporêre en luukse gevoel vir die bestuurder en passasier skep. Hierdie voertuig is dus nie net vir mans nie, maar ook ‘n goeie ryding vir die skoner geslag.

Die nuwe dubbel-TFT instrument paneel bied bestuurders in ‘n oogopslag inligting aan oor die voertuig, sowel as vermaak en selfoonfunksies.

Agter die stuurwiel bied ‘n nuwe dubbel-TFT instrument paneel aan bestuurders inligting oor die voertuig, sowel as vermaak- en selfoonfunksies in ‘n oogopslag. Met ‘n uitsonderlike diep bakwerk en 230 mm grondvryhoogte, is die voertuig ontwerp om die mees uiterste terreine met gemak te hanteer. Die nuwe Ranger is dus ontwerp en getoets om die moeilikste roetes in die land kaf te draf.

Met ‘n uitsonderlike diep bakwerk en met 230 mm grondvryhoogte, is dit ontwerp om die mees uiterste terreine met gemak te hanteer.

Met Bosveld se toetsrit was die voertuig net ‘n plesier op die teerpad en het hy goed geklou op die grondpad. Die Ford Ranger 2.2 XL D/C A/T bly een van die mees bekwame voertuie in sy klas en is ‘n uitstekende ekonomiese familie voertuig. Die bakkie bied oorgenoeg kop- en knieruimte vir tieners in die agterste kajuit met bekerhouers, 12-volt-kragpunt, ‘n USB-gleuf en baie pakplek.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version