Local NewsNewsUpdate

Bossie Bosman durf herstelpad aan

Dié 37 dae in die staatsopleidingshospitaal na sy motorfietsongeluk daar, mét pille en operasies en wondtoerusting, het hom 'n skamele R4 500 gekos.

POLOKWANE – Na 37 dae in ‘n staatshospitaal in Awasa, Ethiopië en twee weke om aan te sterk by vriende in dié land, het Bossie Bosman weer op 9 Februarie terug na die stad gekeer.

Dié 37 dae in die staatsopleidingshospitaal na sy motorfietsongeluk daar, mét pille en operasies en wondtoerusting, het hom ‘n skamele R4 500 gekos.

https://www.citizen.co.za/review-online/250769/bossie-bosman-kom-huis-toe-vir-eers/

Hy het sy eerste terugvlug op die vliegtuig (8 Februarie) verpas omdat doeanebeamptes ‘n mediese verslag wou hê toe die penne in sy beseerde voet die alarms by die lughawe laat afgaan het. Hy moes opsluit die dokter op die lughawe gaan sien en ‘n mediese verslag bekom voor hy op ‘n vlug toegelaat sou word. Hy het die vlug met ‘n minuut gemis, nadat daar die tweede keer nie op ‘n mediese verslag aangedring was nie. Hy moes toe mooipraat om ‘n vlug te kry wat die volgende dag na Suid-Afrika gekom het.

Tuisgekom het sy enkel en voet die dringende dienste nodig gehad van ‘n wondsuster wat die dooie weefsel by sy enkel en voet moes verwyder, en daarna was hy weens ‘n kwaai verkoue nie baie gesond nie.

Lees meer: Bossie kry teëspoed op reis

“Tans is al die gate besig om toe te groei en die bene is amper almal weer aangegroei,” vertel hy. “Net die been met die ‘breinaald’ in het nog nie aangegroei nie. Ek verduur tog steeds baie pyn as ek loop.”

Hy vat die dae een vir een en sien uit daarna om weer volkome mobiel te wees.

Hy vertel dat hy mooi gewig opgetel het vandat hy uit die kliniek gekom het. Waar hy ‘n skrale 55 kg was, weeg hy nou reeds 73 kg. Hy word behandel deur ‘n plaaslike ortopeed en moet binnekort weer vir ‘n opvolgbesoek gaan. “Ek hoop hulle kan dan die ‘naald’ uittrek sodat ek kan begin oefen,” vertel hy.

Die moontlikheid van ‘n operasie oor ongeveer ses maande bestaan ook, en dan hoop Bossie sal al die ‘ysters’ uit sy been verwyder word.

Hy het Dinsdag sy verbande afgehaal en met ‘n kous en die ‘moonboot’ geloop. ‘n Uitstappie na een van die inkopiesentrums vroëer het hom egter oortuig dat daar nog n lang pad van herstel voorlê.

Bossie het ook baie stories gehad om te vertel oor sy reis, en die wonderwerke wat hy beleef het so hou Review dop vir nog verhale oor Bossie en sy avonture.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button