Local NewsNews

Wees ‘n plaaskind by dié Plaaswerf

Vandag se kinders weet nie meer van die plaaslewe soos kinders van 40 jaar terug nie.

POLOKWANE – Hulle weet nie wat dit is om op ‘n trekker en ‘n donkiekar te ry, diere met die hand kos te gee en selfs kuikens met die hand groot te maak nie.

Die nuwe eienaars van Die Plaaswerf, Gert en Ilse van der Merwe, het besluit dat hulle kinders van die 21ste eeu weer die geleentheid wil aanbied, om die lewe van ‘n plaaskind te ervaar.

“Ek wou ‘n kleuterskool begin en verlede jaar, op 22 April, tydens die Bid vir Suid-Afrika byeenkoms in Bloemfontein, het ek ‘n verbintenis aan God gemaak om meer tyd saam met Hom te spandeer. Later, in die kerk, het God vir my gesê Hy gaan vir my ‘n baba gee. Ek was verbaas, want ek is reeds ‘n ouma. Op 22 Januarie, presies nege maande na die byeenkoms, hoor ek toe dat Die Plaaswerf te koop is en teken ek die kontrak,” vertel Ilse.

Hulle het daarop besluit om ‘n dagsorg oop te maak waar hulle die kinders in die plaasomgewing gaan oppas.

“Ek het ‘n geweldige passie vir kinders en ons wil nie die atmosfeer van die plek verander nie. Ons beoog om die hokke waarin die diere bly op te gradeer.”

Hulle het ‘n voldagsorg asook ‘n naskoolsorg waar hulle die kinders by die skool gaan haal. Daar is ook vakansiesorg beskikbaar.

“Ons is ook oop vir skooluitstappies en onderwysers kan net vir ons sê wat die tema is dan werk ons dit in. Ons het ook ‘n partytjielokaal wat uitgehuur kan word.”

Soos by ‘n plaas is daar ‘n swemplek, foefieglybane, hindernisbane, modderbad en selfs toutrek waarmee die kinders hulself kan besig hou. Hulle gaan die geleentheid kry om ‘n donkiekar te ry asook ‘n wa-en-trekker. Die kinders gaan ook leer hoe om ‘n groentetuin te maak en groente daarin te groei.

“Ons beoog om elke dag ‘n ander program te volg. Hier is opgeleide personeel en Wi-Fi vir kinders wat take moet doen. Ek gaan sportontwikkeling met die kinders doen en ons seun, JP, is ‘n ervare swemafrigter wat ook hand gaan by sit.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button