NewsSchools

Tong en Taal verlewendig poësie

Gaste het hulle Donderdagaand in ‘n verskeidenheid verhoogstukke verlustig wat talentvolle leerders van Curro Heuwelkruin met hul Tong en Taal-produksie op die planke gebring het Die verrigtinge het met items van Breyten Breytenbach se gedigte soos ‘Ek het ontsnap uit die fuik’, ‘Allerliefste’ en ‘Jou brief is wonderlik’ begin. Nicole Senekal, regisseur, sê elke oomblik …

Gaste het hulle Donderdagaand in ‘n verskeidenheid verhoogstukke verlustig wat talentvolle leerders van Curro Heuwelkruin met hul Tong en Taal-produksie op die planke gebring het
Die verrigtinge het met items van Breyten Breytenbach se gedigte soos ‘Ek het ontsnap uit die fuik’, ‘Allerliefste’ en ‘Jou brief is wonderlik’ begin.
Nicole Senekal, regisseur, sê elke oomblik van die volle produksie is deur die dramaleerders self aanmekaargesmee.
“Elke groep kon ‘n tema en digter kies om ‘n teks te skep vanwaar ons lekker gespeel het om uiteindelik die praktiese klaswerk op ‘n professionele platvorm te plaas. Die droom van die projek is om leerders op ‘n kreatiewe manier weer lief te maak vir poësie want elkeen beskik oor fenomenale talent om poësie te verstaan en dit op die verhoog weer te gee,” sê Senekal trots.
Die eerste Tong en Taal-produksie is in 2008 met slegs tien akteurs aangebied wat jaarliks tot 34 gegroei het.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Francois van Wyk, die kameraman in ‘Self Discovery’.
José Perez Zaldivar wys sy talent in ‘Stereotypes’.
Grant Steynberg wys sy slag in ‘Ruth Everson’.
Thato Gwangwa is een van die lede van die ‘Support Group’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button