Local NewsNews

‘Verfseun’ verfraai Mokopane se strate

Plasslike inwoners ken Michael Lategan as die bruin gebrande 'verfseun' wat vlytig voor talle huise se ingange 'n nommer verf.

MOKOPANE – Plasslike inwoners ken Michael Lategan as die bruin gebrande ‘verfseun’ wat vlytig voor talle huise se ingange ‘n nommer verf.

Michael (26) vertel hoe hy sy entrepeneurskap inspan en talle mense se huisnommers voor hulle wonings netjies met sy verfkwas aanbring. “Ek het op ‘n dag die huisnommer van my familie se huis in Mookgophong op die sypaadjie geverf, toe die buurman aan die oorkant vra dat ek dit ook by sy ingang doen teen ‘n fooitjie. Dit is toe ek besef dat ek geld kan maak aangesien die helfde van die straatname in die dorp nie meer bestaan of in ‘n slegte toestand is. Die huisnommers is makliker sigbaar so.”

Hy vertel dat sy pa oorlede is en dat dit geldelik maar broekskeur gegaan het met hom, sy ma en broer. Hulle was werkloos en het die verfwerk soos eenman saam aangepak om brood op die tafel te sit. “Ons het omtrent die hele Mookgophong se huisnommers geverf.”

Met die gesin se verhuising na Mokopane het Michael sy verfkwas dadelik nader getrek. Sy ma en broer het ander werk gekry. “Ek is dolgelukkig al moet ek ver stap en in die warm son werk. Ek verf tussen 8 tot 13 huise per dag. Ek is al drie keer geroof en my besittings is gesteel.

Dit is ook hoekom ek nie ‘n selfoon het nie. Ek moet sê dat mense my al snaaks aangekyk het en gedink het ek is ‘n bedelaar. Daar was al twee mense wat my by hulle huise weggejaag het, maar na die tyd onverskoning gevra het en my toegelaat het om hulle huisnommers te verf.”

Michael beduie hy verf teen mure, op die kant van die sypaadjie of op die sypaadjie die huisnommers met die straatnaam by. Dit word met twee kleure gedoen, swart en silwer. Die blok wat hy verf wat slegs silwer woorde met ‘n swart raam is, kos R100. Die blok wat hy verf met silwer woorde in ‘n swart blok met ‘n silwer raam is R150.

Hy bedank almal wat hom ondersteun. Die hoop beskaam nie dat hy moontlik vorentoe ‘n werk sal bekom in die rigting waarin hy opgelei is as ketelmaker nie maar tot dan is die verfwerk sy roeping.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button