Ludwig sterk goed aan na tragiese ongeluk

Die eienaar van ElecproElectrical Contractors, Ludwig Lange, wat onlangs saam met sy werkskollega, Ronald Brunsdon, in 'n ongeluk was, sterk tuis aan na 'n operasie.

MOKOPANE – Brunsdon is in die ongeluk oorlede wat op die pad tussen Modimolle en Mookgophong plaasgevind het.

‘Hy was ‘n mens-mens’

Lange se vrou, Roelien sê: “Hy was Dinsdagaand geopereer aangesien sy sleutelbeen gebreek is. Dit was ‘n groot gesukkel omdat sy lêer in Modimolle weggeraak het tydens oorplasing en die ongelukverslag het nie sy naam op gehad nie.

“Nadat hy by Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria na die ongeluk opgeneem is, het ons nie gedink daar is genoeg geld vir die sleutelbeenoperasie nie.

“Die Padongelukkefonds het gelukkig geld uitbetaal om die hospitaalkostes te dek en hy is in Sunshine Hospitaal in Benoni geopereer”.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version