Inbrake in dorp neem toe

Die dorp se inwoners loop deesdae helder oordag deur onder talle inbrake en diefstalle.

MOKOPANE – Marie Myburgh, Skakelbeampte van Suricat Sekuriteit, sê daar is beslis ‘n toename in inbrake by huise en besighede die afgelope tyd. “Verlede week het booswigte by Sir Wiz in die industriële gebied waterpype probeer steel en by Fabricon is twee mengers gesteel.”

Volgens Myburg neem inbrake helder oordag toe en huise en besighede word veral op Sondae geteiken. “Mense moet hulle veiligheidstrukture tuis opskerp, veral as hulle weggaan. Die afgelope week was daar nie minder as 10 inbrake of poging tot inbraak by verskeie huise gewees. Daar is ook drie wonings se honde op een dag vergiftig.”

Myburg sê die verdagtes is swaarder gewapen. “In Akasia was daar ‘n geval waar die verdagtes op die slagoffers geskiet het. Die inwoners moet oplettend wees en enige ongeruimdhede of verdagte situasies aanmeld. Ons is hier vir die gemeenskap en werk nou saam met die polisie.

Suricat Noodnommers (015) 491 2572/2080/3062/5612/7519.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version