Veritas Spanredenaars se baanbrekerkompetisie

Wenners van elke jaargroep Die tweede Veritas Spanredenaarskompetisie het op 5 en 6 Maart by Hoërskool Pietersburg (PHS) plaasgevind. Dié baanbrekerskompetisie is die enigste een in Limpopo waar skole regoor die provinsie deelneem vir kontantpryse, maar meer belang­rik, vir die ervaring. George Malan, direkteur van Veritas, het in sy verwelkomingstoespraak aan die deelnemers die belangrikheid van ‘n …

Wenners van elke jaargroep

Die tweede Veritas Spanredenaarskompetisie het op 5 en 6 Maart by Hoërskool Pietersburg (PHS) plaasgevind.
Dié baanbrekerskompetisie is die enigste een in Limpopo waar skole regoor die provinsie deelneem vir kontantpryse, maar meer belang­rik, vir die ervaring.
George Malan, direkteur van Veritas, het in sy verwelkomingstoespraak aan die deelnemers die belangrikheid van ‘n goeie spreker deurgegee. “Dis vir ons ‘n voorreg om weer die kompetisie te borg wat PHS aanbied. Dis ‘n voorreg om ‘n rol in die jeug se ontwikkeling te speel,” sê Malan.
Spanredenaars gaan oor interaksie tussen sprekers, aanbieding voor ‘n gehoor en baie pret. Die toesprake kan oor enige onderwerp handel, maar moet beredenerend wees. Elke span bestaan uit vier lede waarvan een as voorsitter optree.
Elke lokaal het drie beoordelaars met baie ondervinding in die beoordeling van rede­naars­­kompetisies gehad. Na elke sessie het die hoof­beoordelaars die spanne deur die repliek geneem, om hulle te help verbeter en wenke vir volgende jaar te gee.
PHS se VLR-lede het as gasheer, voorsitters en puntetellers gedien.
Die skool het die 35 deelnemende spanne met bederfpakkies verwelkom en elkeen het ‘n deelnamesertifikaat ontvang. Vanjaar was daar meer laerskoolspanne en ‘n afdeling vir Engelse spanne wat hopelik in die toekoms sal groei.
Dit was twee dae van uitstekende toe­spra­ke waarin ‘n wye reeks van temas be­spree­k is, indrukwekkende spanwerk en lekker gees. Van die gevare van sosiale media en mans wat in hul spore moet trap tot en een graad 5-spannetjie wat Kaas beredeneer het.
“Kultuur berei leerders voor vir die lewensverhoog waarop elkeen ‘n rol speel wanneer hulle die lewe na skool betree. Hou julle oë oop vir inspirasie. Volgende jaar maak ons weer so,” sê Magda Thiart, organiseerder en leerkrag van PHS.

Tema: Redenaars moet ‘n verpligte skoolvak wees
Suandrie Correit, Iamie Rorerison, Ikwe Stucki en Amelda Pretorius.
Theme: Women are more powerful than men in positions of power
Lulama Mkhawana, Hlayisanani Shingange, Shumikazi Ngonuoza and Palesa Shiluvane.
Tema: Entrepeneursdag slaag nie in sy doel nie
Albert Swanepoel, Willem Schutte, Mia Alberts en Joné Potgieter.
Tema: Staan terug- hier kom oormaakprogramme in die vinnige baan verby 
Cara Coetzee, Zydra Hattingh, Alida du Preez en Zandri Swarts.
Tema: Daar is ‘n hoopie dinge wat Google nie weet nie
Justin Basson, Larochelle Evert, Nicole Fick en Elandri Spies.
Tema: Ons is drukverskrik
Ruren Potgieter , Mariesa Schutte, Reynhard Pretorius en Marjone Beukes.
Tema: Ons hou van Kaas 
Lohandi Schutte, Dominique Faul, Carmen Henwood en Biayanique Erwee.
Exit mobile version