NewsSchools

Te kies en te keur by Pieties-markdag

Die reuk van gebraaide wors laat enige persoon se mond water, maar dit was nie die enigste item op Hoërskool Pietersburg (PHS) se markdagspyskaart wat die Pieties verlede Vrydag in lang rye laat staan het nie. Pizza, melkhorinkies, lekkergoed, koel­drank, gegeurde melk, roomys en spookasem was van die items wat die tafels laat kreun het …

Die reuk van gebraaide wors laat enige persoon se mond water, maar dit was nie die enigste item op Hoërskool Pietersburg (PHS) se markdagspyskaart wat die Pieties verlede Vrydag in lang rye laat staan het nie.
Pizza, melkhorinkies, lekkergoed, koel­drank, gegeurde melk, roomys en spookasem was van die items wat die tafels laat kreun het terwyl daar behoorlik handel gedryf is.
Skakelbeampte, Elmari Craig sê enige graad of span kon ‘n stalletjie bespreek wat deur die ekonomiese departement georganiseer is. Die opbrengs van die uitstallersfooie is as prysgeld vir die groep met die beste stalletjie geskenk.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Gekleurde springmielies is ‘n perfekte soetigheid volgens Annelise Henning, Elodia Esterhuizen, Anri van Ghent, Uné Burger en Alida du Preez.
Roomys is die regte teenvoeter vir die hitte meen Pieties se gholfspan. Hulle is Wiehan Edwards, Jean-Pierre Viljoen, Pieter Bronkhorst en Franco van Dyk.
Christine Rossouw, Chené van der Merwe, Uné Burger en Emma Ströh verkoop melkhorinkies en spookasem.
Alicia Zeelie, Christelle du Plessis en Chanté Lambrechts meen pizza met verskillende bolae bly ‘n wenner.

Related Articles

Back to top button