Pietersburg Laerskool: Toekomsgerig — Die skool vir én van die toekoms

Pietersburg Laerskool (PLS) vier tans hulle 110de bestaansjaar en is slaggereed vir die volgende 110 jaar – aldus Peet Bredenkamp, skoolhoof van Pietersburg Laerskool vir die afgelope 25 jaar. Bredenkamp het opnuut die skool se visie, missie en strategiese beplanning aan die personeel bekend gemaak waarvolgens Pietersburg Laerskool toekomsgerig steeds die belangrikste rolspeler sal wees …

Pietersburg Laerskool (PLS) vier tans hulle 110de bestaansjaar en is slaggereed vir die volgende 110 jaar – aldus Peet Bredenkamp, skoolhoof van Pietersburg Laerskool vir die afgelope 25 jaar.
Bredenkamp het opnuut die skool se visie, missie en strategiese beplanning aan die personeel bekend gemaak waarvolgens Pietersburg Laerskool toekomsgerig steeds die belangrikste rolspeler sal wees in:
Die volgehoue handhawing en voorsiening van die hoogste kwaliteit- en standaardonderrig, leer en opvoe­ding van die primêre- en preprimêre leerders in die stad en provinsie.
Soos die afgelope 110 jaar, sal die akademiese bemagtiging en begronding van die leerders steeds voortbou op die besondere en unieke sukses en prestasies eie aan die skool.
Die volhoubare ontwikkeling, vorming, leer, opvoeding, en be­magtiging van die leerders om in totaliteit gereed te wees vir die toekoms, sal steeds met die nuutste en beproefde dimensies op so manier toegerus word dat dit ‘n bewese verskil in elke leerder se lewe sal maak, sodat hy/sy toegerus die toekoms kan ingaan.
Die karakter, kennis en insig ten opsigte van onderwysvoorsiening wat ‘n daadwerklike verskil maak, is eie aan PLS. Dit is daarom uniek in onderwys en dit het ook nog nooit in enige skool gebeur dat 15 onderwysers ontwikkel, bemagtig en opgelei is om bevorderingsposte onder die leiding en visie van dieselfde skoolhoof te beklee nie:
Skoolhoofde – 5, adjunkhoofde – 3 en departementshoofde – 7.
Een van Bredenkamp se toekomsgerigte strategieë is die aanstelling van ‘n nuwe adjunkhoof, Jacques Bartlett, om as operasionele hoof n nuwe dimensie in die skool te vestig. “Dit is vir my belangrik om my 25 jaar se kennis, ervaring en liefde van en vir PLS oor te dra aan ‘n uiters bekwame en toegewyde individu soos Bartlett, wat PLS in die jare wat kom die toekoms moet inlei.”
In ‘n eksklusiewe onderhoud met Bartlett, beaam hy Bredenkamp se sentiment:
“Ek sien myself as persoon met ‘n lewensdoel en roeping om leiding en rigting aan die jeug te gee. My lewenspad getuig van sulke seën, voorreg en genade.” Bartlett beskik oor die volgende kwalifikasies: ‘n B.Sc.Agric-graad, Universiteit van Pretoria, ‘n nagraadse onderwyssertifikaat, Unisa en ‘n meestersgraad in organisatoriese leierskap, VSA.
My 14 jaar onderwysondervinding het my goed voorberei vir leierskap in die onderwyssfeer, en ek kan krities op my voete dink, oplossings vind waar niemand voorheen het nie en die onlewerbare lewer. Ek is in my gees ‘n inherente pionier en geniet dit om stelsels in plek te stel om holistiese, kwali­teitonderwys aan leerders te lewer wat dit nie noodwendig voorheen kon bekostig nie en het dit al suksesvol gedoen. Ek glo in die transformasie van lewens deur opvoe­ding en die voorbereiding van die jeug vir ‘n onbe­kende toekoms met onbekende moontlikhede.
Gedurende my meestersgraadstudie het ek op leierskap in die onderwys gefokus en het my navorsingsstrategieë by vorige skole suksesvol geïmplementeer. Ek het ook ‘n nasionaal ‘n goed nagevorsde leierskapskurrikulum aan leerders gelewer.
Uit met die ou en in met nie nuut?
“Nee, glad nie. Ek het groot waardering en respek vir ons ryk geskiedenis en tradisies en glo in die behoud daarvan. Bredenkamp en ek deel ‘n gemeenskaplike visie. Die dae wat PLS in die skadu van enige ander skool staan is verby. PLS se ryk geskiedenis gee ons die platform om ‘dit te lewer wat geld nie kan koop nie’. Goeie waardes, kwaliteitonderrig, tradisie en innovasie, leerderbetrokkenheid en blootstelling aan sport en kultuur was, is en sal altyd van kardinale belang bly vir karakter en persoonlikheidsontwikkeling van leerders. Emosionele ontwikkeling en bemagtiging d.m.v gesonde ontspanning en vermaak geskoei op goeie waardes en norme is vir PLS van uiterse belang.
Toekomsplanne
PLS is bevoorreg om ‘n goeie verdeling van ‘n leerkrag ryk in ervaring met jong bloed te hê. Dit is hoe ons geskiedenis, tra­disie en kennis gaan oordra na die toekoms en kombineer met nuwe tegnologie en verwikkeling in die onderwys – ‘n resep vir ongekende sukses.
* Om binne die volgende 12 tot 18 maande ‘n groep leerkragte Europa toe te stuur om vertroud te raak met die nuutste verwikkilinge soos projekgebaseerde- en probleemgebaseerde leer en dit dan oordeelkundig hier te implementeer.
* ‘n Unieke, goed nagevorsde leierskapkurrikulum en programme vir konfilkhante­ring en entrepreneurskap te implementeer
* Op sport- en kultuurgebied sal ons voortbou op ons reeds wydbekende sukses deur ‘n sterk band met die Sportinstituut van die Universiteit van Pretoria te vorm.
Boodskap aan Polokwane
PLS sal slegs hoogtes bereik wat die groter Polokwane-gemeenskap na hulle asems sal laat snak as die ouers, leerkragte en leerders inkoop in die visie en missie van ons skool en met die genade van ons hemelse Vader.
PLS sal steeds ‘n oopdeurbeleid handhaaf en die bestuurspan glo vas God se Woord is die lig vir ons voet en die lamp vir ons pad en as die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou, en as die Here die huis nie beskerm nie, tevergeefs waak die wagte.
Kom jy saam of bly jy agter?

 

PLS-personeel, -leiers en -leerders verwelkom die Bartlett-gesin.
Exit mobile version