NewsSchools

Osies se kreatiwiteit vloei met Mad Hatter Day

Prettige hoede van alle groottes, kleure en oorsprong was Vrydag by Laerskool Pietersburg-Oos te sien toe Mad Hatter Day gevier is. Mad Hatter is ‘n bekende karakter in Lewis Caroll se boek, Alice in Wonderland en kreatiwiteit en absurditeit is die wagwoord van die dag. Beste hoede in elke klas sowel as elke graad is …

Prettige hoede van alle groottes, kleure en oorsprong was Vrydag by Laerskool Pietersburg-Oos te sien toe Mad Hatter Day gevier is.
Mad Hatter is ‘n bekende karakter in Lewis Caroll se boek, Alice in Wonderland en kreatiwiteit en absurditeit is die wagwoord van die dag.
Beste hoede in elke klas sowel as elke graad is aangewys.
Selfs onderwysers het in die gees van die dag deelgeneem.
Graadwenners was: Wilhelm von Ludwig, graad 1; Liam Pretorius, graad 2; Jade Campbell, graad 3; Danica Nel, graad 4; Layla Marais, graad 5; Vaughn Donaldson, graad 6 en Zandré van Rooyen, graad 7. Die onderwysers met die meeste gees was die graad 2-span.

Storie en fotos: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Anika Johnstone, graad 4T, met ‘n kleurvolle voëlpark.
Vaughn Donaldson is die pryswenner van die beste hoed in graad 6 met
die balonskepping.
Die beste hoed in graad 5 behoort aan Layla Marais.
Kayla Borman in graad 6A se weergawe van ‘n nar is ietwat van ‘n nagmerrie.
Siya Mahlangu in graad 5L meen hy is ‘n speurder.
Die polonie op Quintus du Preez, graad 6, se kop is veilig vir menslike
Elzoey de Beer, graad 5V, se hare is op vindingryke manier deel van haar hoed.
Die graad 2-onderwysers het die prys as die span met die meeste gees gewen. Hulle is Micke Crouwkamp, Annamart Dorfling, Suné Jacobs, Ilze Landman, Corné Snyman, Ingrid Pelzer, Izelle Delport en Hesti Ludick.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button