NewsSchools

Kruinies berei voor vir tennisseisoen

Hoërskoolleerders van Curro Heuwelkruin het verlede Woensdag tydens die skool se Werftennis hul beste voetjie ter voorbereiding van die seisoen voorgesit. Seuns en meisies het mekaar tydens rondomtaliewedstryde die stryd aangesê om hul plekke op die skool se ranglys vir die tennisseisoen te verseker. Charné Hartley het skoonskip onder die meisies gemaak terwyl die tweede …

Hoërskoolleerders van Curro Heuwelkruin het verlede Woensdag tydens die skool se Werftennis hul beste voetjie ter voorbereiding van die seisoen voorgesit.
Seuns en meisies het mekaar tydens rondomtaliewedstryde die stryd aangesê om hul plekke op die skool se ranglys vir die tennisseisoen te verseker. Charné Hartley het skoonskip onder die meisies gemaak terwyl die tweede en derde plek onderskeidelik deur Carli Spies en Nadia Grové ingeneem is.
Jan-Lou de Beer is tans die beste seunspeler terwyl Tyron Serrodinho met die tweede plek en Leard Prenzler met ‘n derde plek tevrede moet wees.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Francois van Wyk speel ‘n sterk voorarmhou.
Daniel Engelbrecht posisioneer hom om by die bal te kom.
Charné Hartley, tans bo-aan die tennisleer, gereed vir ‘n afslaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button