Hokkiespanne kook, juniorrugby se seges, netbalspanne se gemengde welslae

Die begin van die wintersportseisoen en eerste ronde van die jaarlikse Tuksreeks het Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) begin en dit was gou duidelik dat Pieties se hokkie- en netbalspanne se ratte al geolie is. Op die hokkiebaan het PHS se seuns- en meisiehokkiespanne van meet af aan die pas aangegee en hul opponente laat …

Die begin van die wintersportseisoen en eerste ronde van die jaarlikse Tuksreeks het Saterdag by Hoërskool Pietersburg (PHS) begin en dit was gou duidelik dat Pieties se hokkie- en netbalspanne se ratte al geolie is.
Op die hokkiebaan het PHS se seuns- en meisiehokkiespanne van meet af aan die pas aangegee en hul opponente laat bloedsweet. Die hemelhoëtellings van PHS-spanne wat met tot 10-0 (eerste en o.14-seunspan) en 8-0 (o.15A meisiespan) geseëvier het, getuig van die diepte van die spanne en spelers wat vroeg in die reeks fiks en voorbereid is. Die eerste- en o.14A-meisiespan het gelykop gespeel en al die ander PHS-spanne het gewen. Sestig doele is in die Pieties se guns aangeteken en slegs ses is afgestaan.
Die senior rugbyspanne het effens teleur­gestel terwyl die juniors meer staal teen hul opponente van Hoërskool Kemptonpark gewys het. Slegs die o.14A- en o.15A-, B- en C-span kon daarin slaag om met die louere weg te stap. Die eerstespan het hard probeer om hul teenstanders op hul baadjie te gee, maar moes die veld met 14-19 verlaat. Die o.16A-span kon slegs 5 punte teenoor Kemptonpark se 49 aanteken.
Op die netbalbaan het Pieties se eerstespan die spit met 16-27 afgebyt terwyl die tweedespan met 18-3 seëvier. Vier van die netbalspanne kon met oorwinnings slaag en twee het gelykop gespeel terwyl drie spanne die onderspit moes delf.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto’s: ELNA ESTERHUYSEN  >>observer.elna@gmail.com

ENDY SENYATSI   >>endy@observer.co.za

Leana Swarts, o.15A-hokkieblits (voor), maak seker die bal is reguit doelkas toe.
Chantel Wreyford en Trecia Visser, o.16A-spelers van PHS, maak die pap dik aan.
Louise du Preez, o.15, spook om besit.
Pieties se eerstepanspeler, Kailan Ferreira soek ‘n gaping.
Gerhard van der Merwe van PHS se tweederugbyspan probeer sy opponent ontglip.
PHS se eerstespanspeler, Mari Geerkens veg om balbesit.
Zandri Swarts. PHS se eerstespan netbalspeler, en haar opponent meet kragte.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version