Groot pret tydens kleuters se sportdag

Ouers en leerkragte van Osieteddies Kleinontwikkelingsentrum is Saterdag verras deur die hope sporttalent wat die jong leeders tydens die Osieteddies Atletiekdag ten toon gestel het. Daar is met oorgawe deelgeneem aan items soos 60 m naellope, hoogspring, fietsresies, kegel-uitdaging en rugby. Linda Kruger, skoolhoof, sê die dag was ‘n groot sukses wat ouers ook die …

Ouers en leerkragte van Osieteddies Kleinontwikkelingsentrum is Saterdag verras deur die hope sporttalent wat die jong leeders tydens die Osieteddies Atletiekdag ten toon gestel het. Daar is met oorgawe deelgeneem aan items soos 60 m naellope, hoogspring, fietsresies, kegel-uitdaging en rugby. Linda Kruger, skoolhoof, sê die dag was ‘n groot sukses wat ouers ook die geleenteid gegee het om mekaar beter te leer ken. “Almal het dit geniet en ons kon die geleenteid benut om geld vir die instandhouding en opgradering van die speelterrein in te samel.”

 

AJ Pretorius help sy seun, Adan, oor die hekkies.
Tiné Meiring kry hulp van haar pa, Eric, in die 60 m-hekkies.
Marcel Slabbert verleen ‘n laaste bietjie hulp aan sy seun, Lu-mar, ten einde die wenstreep in die 60 m vir seuns oor te steek.
Minifietsresies is vir Ethan Greathead ernstige sake.
Luan Nieuwoudt pak die kegeluit­da­ging aan.
Kara Blignaut geniet iets te ete voor haar volgende item.
Liam Bezuidenhout beur so al wat hy kan om vordering met sy fiets te maak.
Tristin-Blake Raath geniet sy deelname aan die verspring.
Dirkie Korff skerp sy balvaardighede op.
Divan Kohl spring spoggerig van die tafel af.
Exit mobile version