Local NewsNews

Teesakkie@susters bring vriende bymekaar

‘n Polokwane inwoner Charmaine Diedericks, het die behoefte van ‘n groep vriendinne wat saam kan kuier en idees uitruil, in die stad waargeneem.

POLOKWANE – Vriendskap speel ‘n belangrike rol in ‘n persoon se lewe en hulle sosiale ontwikkeling, dit is om die rede dat ‘n persoon iewers in die verloop van hulle lewe, ‘n spesiale vriend gaan hê waarmee hulle hierdie verhouding kan meedeel.

‘n Polokwane inwoner Charmaine Diedericks, het die behoefte van ‘n groep vriendinne wat saam kan kuier en idees uitruil, in die stad waargeneem. Sy het na afleiding van haar besigtiging ‘n aantal vrouens in die gemeenskap uitgenooi om as deel van die Teesakkie@susters te vorm.

Ria von Mollëndorf demonstreer hoe ‘n persoon ‘n kind moet help as hulle verstik.

“Hierdie bymekaarkom geleentheid het sy oorsprong van vroue wat ‘n behoefte het om saam met ander vroue bymekaar te kom om verder ‘n verskil, nie net in hul eie lewens te maak nie, maar ook aan ander met wie hulle in aanraking kom, gekry,” verduidelik sy.

Die Teesakkie@susters ontmoet een Saterdagmiddag ‘n maand waar hulle heerlik kuier en wenke uitdeel. Elke lid bring ‘n wit gesigshandoek na elke vergadering saam, wat dan tydens die groep se hospitaalbesoeke aan pasiënte uitgedeel word. “Dit is om vir hulle hoop te gee en te wys dat daar wel mense is wat ook aan hulle dink,” deel sy.

Ria von Mollëndorf en Renet Els demonstreer hoe ‘n persoon die Heimlich Manoeuvre moet toepas.

Tydens die vergaderings is daar ‘n aantal aktiwiteite waarin lede aan kan deelneem, soos waar hulle leer om geskenke asook om heerlike smoothies te maak.

Tydens die onlangse vergadering, het Charmaine onder andere, uitgebeeld hoe om olifante met handdoeke te vou asoos om ‘n kers met die gebruik van ‘n papier servet te versier.

Ria von Mollëndorf het met die vroue meegedeel wat hulle moet doen, sou iemand verstik. “Mense verstik wanneer hulle asem haal terwyl hulle sluk, praat of terwyl hulle kou. Klein kinders en ouer mense verstik ook makliker aangesien hulle tande nog nie ten volle ontwikkel is nie, of aangesien hulle nie meer al hulle tande het nie. Soetgoed laat ‘n mens ook soms verstik. As jy alleen is, moet jy jou rug teen ‘n muur stamp as jy verstik om die blokkasie uit jou lugweg te kry.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button