Bekende booswig word vasgetrek

Twee maatskappye se personeel het saam gestaan om 'n ou bekende booswig verlede Woensdagmiddag in die nywerheidsgebied vas te trek.

MOKOPANE – Nico Harmse, reaksie-offisier van Suricat Sekuriteit, sê hulle het ‘n klagte van ‘n kliënt ontvang dat daar ‘n onbekende persoon in ‘n erf by die Mokopane Matriekoorsig Sentrum in Brahmanstraat gewaar is. “Met ons aankoms het ek en Hennie Yeates die verdagte oor die draad sien spring.

Werknemers van die Mr Clean onderneming het ons gehelp en die verdagte agterna gesit.

Ons het hom in Enviro Scrap se perseel gevang.

Volgens Harmse het hulle met verdere ondersoek uitgevind dat die verdagte toegang tot die gebou deur ‘n venster te breek, verkry het.

Volgens Thomas Maphalo van Mr Clean was hy en sy medekollega, Mpho Apale agter die sentrum by die herwinningsperseel besig toe hulle die verdagte oor die drade sien spring met Suricat se wagte agterna. “Ek en Apale het die Suricat wagte te hulp gesnel en so gehelp om die verdagte vas te trek.”

Die verdagte is daarna aan die Mokopane polisie vir vervolging oorgegee.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version