[VIDEO] Daan vat die Pietie naam tot in Amerika

Daan Jansen was nog altyd een van Hoërskool Pietersburg se beste swemmers en met kompetisie soos die van Lyndon Ferns, het hy geweet dat hy sy alles moes gee om 'n naam vir hom te skep.

POLOKWANE –  Om hierdie droom in ‘n realiteit te omskep, het hy besluit om nie net in Amerika mee te ding nie, maar om soontoe te trek. Hy het sodoende sy hart uitgeswem en het ‘n prestasie as die Suid-Afrikaanse kampioen in sy ouderdomsgroep losgeslaan.

Dit is hier ook waar hy besluit het dat om meer suksesvol te wees sal van hom vereis om skool vakansies en kuier geleenthede met vriende op te offer.

Hy het ook gedurende sy aankoms in Amerika ook sy kursus verander, dit sonder sy ouers se kennis. Sy ouers is egter eers op sy graderingsseremonie hiervan in kennis gestel. Dit is ‘n studie rigting verandering waarin hy gegloe het en waar hy vandag as ‘n regiseer met ‘n Emmy toekenning sit, spog hy dat hy sy hoërskool dae in Hoërskool Pietersburg deurgebring het en moedig ook sy Pietie-maats om nie net hulle skool dae te geniet nie, maar om ook groot te droom.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version