Word Riders besoek Pieties oor Bybelprojek

Lede van Word Riders wat direk aan die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gekoppel is, het leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) Maandag meer vertel oor maniere waarop hulle kan help om Bybels te versprei. Danie Ueckermann, predikant, sê Word Riders bestaan uit ‘n groep motorfietsliefhebbers wat op uitreikaksies fokus om die Woord van God te versprei. Met …

Lede van Word Riders wat direk aan die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gekoppel is, het leerders van Hoërskool Pietersburg (PHS) Maandag meer vertel oor maniere waarop hulle kan help om Bybels te versprei.
Danie Ueckermann, predikant, sê Word Riders bestaan uit ‘n groep motorfietsliefhebbers wat op uitreikaksies fokus om die Woord van God te versprei.
Met hul onlangse projek, Bible Buddies, fokus hulle op skole om met geldinsamelingsinisiatiewe te help ten einde meer Bybels te versprei, veral om leerders wat dit nie kan bekostig nie te help om hulle eie Bybel te besit en onafhanklik die Woord te leer ken en uit te leef.
“Aan die ander kant wil ons kinders help om deur middel van hulle donasies ? verskil in ander kinders se lewens te maak. In beide gevalle kry ons ook die geleentheid om die werk van die Bybelgenootskap bekend te stel sodat hulle presies weet waar kom Bybels vandaan. Die klem val vir ons op die vertaalwerk, produsering en verspreiding van die Bybels,” sê die Bybelgenootskap se skakelbeampte, Francois Sieberhagen.
Die Word Rider-projek het in 2011 met agt motorfietsryers begin wat sowat 900 Bybels versprei het. Tans is daar meer as 40 ryers wat jaarliks op uitreike gaan en hul eie onkoste dra. Meer as 22 916 Bybels is al aan graad 7-leerders in 343 skole landswyd uitgedeel, volgens Sieberhagen.
Elke skool besluit self oor hul doelwit en wyse van geldinsameling. Vir elke R59 kan een Bybel geborg word.
PHS het ander skole uitgedaag om ook by die projek betrokke te raak.
Vir meer inligting skakel Sieberhagen by 083 389 0708.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version