Local NewsNews

Vragmotor raak pad byster by N1-verbypad

‘n Swaarvoertuig met ‘n vrag meel wat waarskynlik van Malawi onderweg was, het Dinsdagoggend die pad by die kruising van die N1-verbypad en Dorpstraatverlenging byster geraak en op sy sy beland. Volgens ‘n lid van ‘n insleepfirma wat gereeld ongelukstonele besoek, dui die sleepmerke en die posisie van die voertuig daarop dat dit vanuit ‘n …

‘n Swaarvoertuig met ‘n vrag meel wat waarskynlik van Malawi onderweg was, het Dinsdagoggend die pad by die kruising van die N1-verbypad en Dorpstraatverlenging byster geraak en op sy sy beland.
Volgens ‘n lid van ‘n insleepfirma wat gereeld ongelukstonele besoek, dui die sleepmerke en die posisie van die voertuig daarop dat dit vanuit ‘n noordelike rigting op die N1-verbypad onderweg was en skynbaar nie by die vierrigtingstopteken stilgehou het voordat dit regs gedraai en weens die verskuiwing van die vrag, beheer oor die voertuig verloor het.
Niemand is in die voorval beseer nie en dit was onduidelik hoeveel insittendes in die vragmotor se kajuit was aangesien die vragmotorbestuurder moontlik die hasepad gekies het.

Storie & foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button