Local NewsNews

Amper in rivierloop

Die bestuurder van ‘n enkelkajuit Isuzu-bakkie het Sondag bykans in die rivierloop in Suidstraat skuins anderkant Landdros Maréstraat beland toe hy beheer oor die bakkie verloor het. Volgens omstanders het die bestuurder, afkomstig van Braamfontein, oor Landdros Maréstraat gejaag en vanaf die regterbaan in Suidstraat oor die pad gegly waarna hy op volle vaart bykans …

Die bestuurder van ‘n enkelkajuit Isuzu-bakkie het Sondag bykans in die rivierloop in Suidstraat skuins anderkant Landdros Maréstraat beland toe hy beheer oor die bakkie verloor het. Volgens omstanders het die bestuurder, afkomstig van Braamfontein, oor Landdros Maréstraat gejaag en vanaf die regterbaan in Suidstraat oor die pad gegly waarna hy op volle vaart bykans ‘n meter hoog teen die sperreling van die brug aan die linkerkant van Suidstraat tot stilstand gekom het. Op die toneel het die bestuurder, wat sy naam weerhou het, beweer sy remme het meegegee. Daar was geen passasiers in die voertuig nie en die bestuurder het ongedeerd daarvan afgekom.

Foto: WILLIE ESTERHUYSEN
>>willie.e@mwebbiz.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button