Local NewsNews

Mammas deel kosblik-idees sonder verwerkte vleis

Met die nuus dat listeriose in Polokwane by Enterprise Foods gevind is en al hulle kouevleisprodukte herroep is, wou Review by ma’s weet hoe dit hulle kosblik-idees affekteer.

Wilhelmiena Kkoutas vertel sy pak vrugteblokkies, gemengde neute en rosyntjies asook jogurt en ryskoekies vir haar dogters in.

Chantelle du Preez sê: “Vars vrugte en jogurt sal nou die ding doen. ‘n Broodjie kan steeds werk en gelukkig hou my kind van grondboontjiebotter en stroop.”

Izel Labuschagne vertel dat haar seun, Zuhan, nou biltong, droëwors, neute en ‘n grondboontjiebotter toebroodjie as plaasvervanger gaan kry.

Chantelle Ströh vertel dat haar dogter plaatkoekies, druiwe, jogurt-jelly en koekies in haar kosblik kry so die herroep gaan nie haar kosblikidees affekteer nie.

Adré van Tonder vertel dat haar seuns se skool, Laerskool Pietersburg, gevra het dat hulle vir die kinders gesonde kos inpak, soos broodjies, klein kasies, vrugte stafies, droëword en jogurt.

Mariza Pelser sê: “Ek is oor die algemeen maar skrikkerig vir verwerkte vleise ensovoorts vir my kinders. Ek pak gewoonlik maar die broodjie, vrug en dan ‘n lekkerding vir ‘n bederf in. Vir besige ma’s wat gou ‘n kosblik moet pak kan dit die gemak daarvan ‘n bietjie wegvat. My raad is maar om die aand voor die tyd al die kosblikke te pak.”

Jorina Kruger vertel dat sy hoeder ‘nuggets’ en ‘pops’, mini pizzas, hoenderstukkies en klein vleispasteitjies inpak.

maretha@nmgrooup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button