NewsSchools

[VOX] Die lekkerste deel van skool is…

Review het gaan ondersoek instel tussen leerders van Laerskool Pieetrsburg Oos wat presies die lekkerste deel van skool is en waarom.

POLOKWANE – Skool het ‘n verskillende betekenis vir verskillende leerders en wat presies dit lekker maak sal elke leerder dalk oor kan stry. Is dit die biologieklas of is kuns meer van pas? Review het gaan ondersoek instel tussen leerders van Laerskool Pietersburg Oos wat presies die lekkerste deel van skool is en waarom.

Ben van Reede van Oudshoorn: “Die lekkerste deel van skool is Aardrykskinde en Geskiedenis klas, ek is absoluut dol daaroor.”

N.W. van Reede van Oudshoorn: “Natuurwetenskap klas is vir my baie interesant en die beste deel van skool, ons leer tans van tipes van kos wat mense nodig het om te oorleef en dit is baie interesant.”

Laila Eager: “Ek is mal oor pouse en wens eintlik dit kon langer gewees het dat ek die hele tyd net saam met my maats kan speel.”

Martinus Bonescans: “Krieket is die beste deel van skool vir my, ons oefen drie ure lank elke dag. Maar ek wil eendag ‘n boer wees en hier is nog nie boerklas nie.”

Ewin Schalk Eager: “Ek hou die meeste van skaak speel, dit is die lekkerste deel van skool want as ons klaar gespeel het kry ons gewoonlik lekkers en koeldrank en dit is mos waarvan elke kind hou nie waar nie.”

Sanja Lewis: Ek is mal oor pouse want dan kan ek saam met my maats speel en het vrye tyd om te eet en speel.”

Grigor Osmers: “Pouse is die lekkerste deel van skool want dan het ons so tydjie om te rus na al die skryf en leer, en ek kan my ma se lekker broodjies eet, maar ek hou ook baie van Geskiedenis.”

Voster Hart: “Ek is mal oor wiskunde en ek doen ekstra wiskunde klasse by Ad Math. Ek wil eendag baie graag ‘n dokter wees so ek leer nou al baie hard.”

Berico Louw: “Ek wil eendag ‘n profesionele skaakspeler wees as ek groot is, maar ek hou baie van pouse by die skool want dan hoef ons nie te leer nie en ons kan baie gesels.”

Marne Els: “Ek wil baie graag eendag ‘n veearts of ‘n dokter wees, want ek hou van mense en diere sit is hoekom pouse vir my die lekerste deel van skool is want dank an ek met my maats speel.”

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button