Local NewsNews

Terrein se reddingspan

Die Koorsmonument is onder die vlerk van 'n vrywillige Mokopane inwoner geneem en word tans herstel.

MOKOPANE – Volgens die vrywilliger Hans Kachelhoffer, doen hy dit bloot uit sy liefde van die bewaring van die Afrikaner erfenis.

“Ek en my tuinman Solly Kgonyane het dit ter harte geneem om gereeld die Koorsmonument wanneer ons kan, skoon te maak. Die monument was so toegegroei en ‘n seeroog.

Solly Kgonyane die tuinjong van Hans Kachelhoffer wat gereeld die Koorsmonument skoonmaak.

Ek sal graag die gemeenskap wil sien betrokke raak met die instandhouding en onderhoud van ons monumente want ons kan nie staatmaak op die munisipaliteit om dit te doen nie. Mens kan die monumente so mooi maak met ‘n blommetjie of ‘n plantjie of twee.”

Limpopo Vryheidsfront Plus Leier Marcelle Maritz sê: “Ons kan nie op ‘n ANC Munisipaliteit steun om ons Afrikaner se geskiedenis te bewaar nie. Die Afrikaner moet sy trots in sy sak begin steek en sy hande maar bietjie vuilmaak en agter ‘n skoffel en hark gaan staan en ‘n pot verf nader trek om ons monumente te bewaar. Die regerende party gaan dit beslis nie doen nie en dit is sekerlik laaste op hulle lysie.

“Die lede van die publiek wat betrokke wil raak met die bewaring en onderhoud van ons monumente kan my skakel sodat ons ‘n vergadering kan reël vir toekomstige planne en opsies.”

Marcelle Maritz kan op 078 617 8682 gekontak word.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button