NewsSchools

Wil jy dans…? Hoe Osies gevra wil word

Review het aan leerders gevra wat die vereistes is waaraan seuns moet voldoen sodat hul sal instem om saam te sokkie.

POLOKWANE – Die eerste skool sokkie van die jaar is verseker ‘n groot geleentheid en iets waaroor leerders baie opgewonde is. Laerskool Pietersburg Oos het op Donerdag 15 Februarie hul eerste sokkie aangebied en dit was een prettige byeenkoms. Almal het deftig aangetrek opgedaag en was reg om lekker lyf te swaai. Maar is vasdans iets van die verlede of vra seuns nog skaam-skaam en met sterre in die oë om ‘n meisie se goedkeuring te kry om op ‘n gewilde liedjie die dansbaan te betree.

Review het aan leerders gevra wat die vereistes is waaraan seuns moet voldoen sodat hul sal instem om saam te sokkie.

Sune Kriel  – “Ek dink dit sal perfek wees as hy op sy kniee gaan en my vra om te dans met ‘n roos natuurlik en ‘n drukkie om dit ekstra spesiaal te maak.”

Anel van den Broek – “Dit maak nie rerag aan my saak hoe hy vra nie, solank hy net mooi vra en ek kan dans is als in die haak.”

Shane Jooste – “Hy sal dit verseker voor almal moet afkondig en my baie spesiaal laat voel voor ek sal instem.”

Joalise Coetze – “Hy moet nie skaam wees nie, hy moet vertroue he en ‘n boksie sjokolade sal ook ‘n aanwins wees, baie sjokolade.”

Xandri Beeslaar – Ek verpes dit as iemand sy vriend stuur om vir hom te vra om te dans, dan sale k eerder met sy vriend dans, want hy het al die moeite gedoen.”

Siriana Dafel – “Nee dankie dit is nie vir my nie, ek wil nie he enige seun moet my vra om te dans nie ek.”

Chante Cameron – “As hy wil he ek moet met hom dans sal hy eers op sy kniee moet gaan en verseker ook ‘n roos vir my gee, dit is mos hoe dit moet wees, goeie maniere.”

Denike Baker – “Solank hy dit net spesiaal maak en my spesiaal laat voel, sal ek saam met hom dans dit is pret.”

Tsholo Mnguni – “Dit moet nou nie iets uitspattig wees nie, maar ook nie niks moeite nie, ek dink dit gaan maar net oor om spesiaal te voel en solank hy dit doen dink ek enige meisie sal instem om saam te dans.”

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button