Waterkrisis: Inwoners moet help spaar

Talle huishouding is weer vandeesweek en ook vanoggend sonder water.

MOKOPANE – Volgens Korny Dekker, DA raadslid, is die reservoirvlakke uiters laag en gaan die situasie nie verander as die inwoners nie begin om water spaarsamig te gebruik nie.

“Elkeen van ons gaan dringend moet begin water spaar. Daar word gekla omdat daar nie water is nie, maar die inwoners gebruik te veel. As die inwoners nie nou die erns van die waterkrisis verstaan nie, gaan die reservoirs nooit vol kom nie.”

Doorndraaidam se watervlakke het volgens Lepelle Northern Water van 45% na 41% gesak.

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version