Dwelmnes oopgevlek deur taakspan, sekuriteit

Die manne van Suricat Sekuriteit en die Mahwelereng Taakspan het onlangs hande gevat om dwelmhandelaars en -verbruikers vas te trek.

MOKOPANE – Volgens Arno Bronkhorst, ‘n Reaksie Offisier van Suricat, het ‘n kliënt verlede Donderdag die kantoor gebel en gekla oor dwelmgebruikers in Brahmanstaat in die industriële gebied. “Ek en my kollega, Elvis Nkosi, het gaan ondersoek instel en twee verdagtes vasgetrek. Ons het nyaope en spuitnaalde in hulle besit gekry. Sers. Johannes Madubanya van die Mahwelereng Taakspan was ook op die toneel en ons het die verdagtes oorhandig.”
Bronkhorst sê Suricat Sekuriteit en die Mahwelereng Taakspan werk saam om die strate skoon te kry van dwelms. “Dit is die enigste manier hoe ons dié euwel sal uitroei.”
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

 

Exit mobile version