NewsSchools

Amerikaanse doktor kom maak kinderharte bly

Dr. Gerhard van Wyk van Zoe Communication Ministries in Lexington Amerika, het 'n draai by Laerskool Pietersburg (PLS) kom maak.

POLOKWANE – Met sy kuier by die skool op Donderdag, 15 Februarie het hy namens Zoe Communication Ministries ‘n skenking van R10 000 aan dié skool se voedingskema gemaak. PLS se voedingskema sorg dat behoeftige kinders ‘n voedsame ete by die skool kan geniet en sien ook om in ander finansiele behoeftes wat die kinders mag benodig soos skryfbehoeftes en uitstappies.

Dr van Wyk is in 1941 gebore en het op Klawer in die Wes-Kaap groot geword. Hy het eers geologie by die Universiteit van Pretoria geswot en toe sy teologiese studies by Unisa voltooi waar hy ook ‘n dosent was. Sowat 18 jaar gelede het hy na Amerika immigreer waar sy seun en dogter albei mediese dokters is. Hy is met Emilie Müller getroud wat ‘n oud-inwoner van Polokwane is en by Kushcke skoolgegaan het.

“Die naam Zoe kom uit die nuwe testament en beteken lewe. Dit is die visie en missie van die ministries om lewe te bring aan mense en ook om die te help wat hulp of lewe aan ander bring soos wat Laerskool Pietersburg tans doen,” verduidelik Van Wyk.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button