Funksie se wins help fondse bou

DDKK Prokureurs het ‘n noue verbintenis met die gemeenskap in Polokwane waaruit hul kliëntebasis bestaan en waarin hul met finansiële hulp terugbelê – aldus Gert Ehlers, prokureur van DDKK Prokureurs. As deel daarvan het hul Vrydag tjeks van R25 000 elk aan vier skole in die stad oorhandig. Die skole sal die geld vir hul …

DDKK Prokureurs het ‘n noue verbintenis met die gemeenskap in Polokwane waaruit hul kliëntebasis bestaan en waarin hul met finansiële hulp terugbelê – aldus Gert Ehlers, prokureur van DDKK Prokureurs.
As deel daarvan het hul Vrydag tjeks van R25 000 elk aan vier skole in die stad oorhandig. Die skole sal die geld vir hul onderskeie fondse vir behoeftige leerders aanwend.
Die R100 000 is die wins wat DDKK Prokureurs gemaak het met die aanbieding van die funksie waartydens die Radio Kalahari Orkes verlede jaar opgetree het.
“Dié geleentheid is in samewerking met die borge, Limpopo Toyota, EPX Courier Services, Pietersburg Bande en Hi-Q Ladine en met die hulp van Tafelronde 22 aangebied waarsonder die skenkings nie moontlik sou wees nie,” sê Zilla Ferns, DDKK Prokureurs se bemarkingsbestuurder. Die hoofde en adjunkhoof van die onderskeie skole het hul dank vir die ruim skenking uitgespreek.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

 

Exit mobile version