Local NewsNews

‘Buffelbedrieër’, Jaco Opperman, verbeur borg, bly in aanhouding

Die vermeende bedrieër, Jaco Opperman, wat glo verskeie mense sedert 2016 met duisende rand ingedoen het en in 2017 op ‘n waarskynlik onwettige manier borgtog toegestaan is, word tans in die Polokwane Korrektiewe Dienstesentrum aangehou. Hy het Maandag in die Modimolle landdroshof op drie aanklagte van bedrog, een van dwarsboming van die gereg en een …

Die vermeende bedrieër, Jaco Opperman, wat glo verskeie mense sedert 2016 met duisende rand ingedoen het en in 2017 op ‘n waarskynlik onwettige manier borgtog toegestaan is, word tans in die Polokwane Korrektiewe Dienstesentrum aangehou. Hy het Maandag in die Modimolle landdroshof op drie aanklagte van bedrog, een van dwarsboming van die gereg en een van ontsnapping verskyn. Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe het hy sy borg verbeur waarna die saak tot 29 Maart uitgestel is.
Opperman is onlangs weer deur die polisie in Potchefstroom aangekeer. Die polisie het sedert 2016 na Opperman gesoek nadat hy glo buffels op die internet te koop aangebied het. Wanneer kopers glo die deposito aan hom oorbetaal, verdwyn hy spoorloos. Ongeveer R60 000 is ter sprake. ‘n Ondersoekspan van Modimolle-speurtak het hom in Augustus verlede jaar in Witbank aangekeer en hy het op 20 September die laaste keer in die hof op Modimolle verskyn.
In Oktober moes hy weer verskyn, maar was skoonveld en daar is voorlopig bevind dat hy glo op ‘n slinkse wyse slegs R500 borgtog betaal en op die vlug geslaan het en nooit weer vir enige hofverrigtinge opgedaag het nie. Die betrokkenheid van ‘n landdros sowel as ‘n lid van die polisie in Opperman se ontsnappingspoging word ondersoek.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button