NewsSchools

Watertand-pannekoek vir PLS se Ystertjies

Laerskool Pietersburg (PLS) gaan Saterdag, 10 Februarie by Savannah Mall pannekoek verkoop om geld vir dié skool se Ystertjies in te samel.

POLOKWANE – Hierdie geld gaan vir die Ystertjies-fonds benut word wat gebruik word om leerders in die skool help wat minderbevoorregt is. Jaarliks help dié fonds die leerders met skryfbehoeftes, eetgoed en ander kostes wat nie altyd deur die ouers bygedra kan word nie.

Die pannekoektafel gaan by die Checkers-ingang van die mall wees waar hulle pannekoek tot 18:00 gaan verkoop. Pannekoeke kos R5 een en die bestanddele word deur Checkers Savannah Mall geskenk.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button