Local NewsNews

Inwoner dra veiligheid van bejaardes na aan die hart

Die veiligheid van die bejaarde inwoners van die dorp lê Hugo Frouws, eienaar van die Lonely Oak Hotel, na aan die hart.

MOKOPANE – Frouws het gehoor dat die inwoners van Soetdoring woonstelle deur inbrake geteister word en dadelik ‘n helpende hand uitgereik.

“Dit was vir my ‘n groot kommer en ek het besef die saak sal dringende aandag moet geniet om die bejaardes se veiligheid te verseker. Ek het Yolande Coetzee, DA Raadslid, gekontak en lemmetjiesdraad geskenk wat aan die kante opgerig kan word en veral daar waar die heining aan die agterkant aan die bosse grens.”

Lees meer: Bejaarde verloor byna als in brand

Frouws sê hy is nou baie meer gerus gestel dat die bejaardes veilig is en dat booswigte nie meer oor die palisades kan klim nie.

Coetzee sê sy was skoon uit die veld geslaan toe Frouws die groot skenking aanbied. “Ek is so dankbaar,” deel sy.

Coetzee het ook hulp gekry met die oprigting van die draad op die palissades en bedank almal wat betrokke was.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button