Die nut van veeltaligheid

As ‘n onderwyser by Laerskool Pietersburg het Charlot van den Bergh haar kennis met die leerders gedeel.

POLOKWANE – Charlot van den Bergh het op ‘n plaas grootgeword waar sy af kleins af Sepedi leer praat het.

“My pa het altyd met die werkers op die plaas in Sepedi gepraat en dit was vir my ‘n mooi taal. Ek wou ook met hulle praat en het die taal begin leer,” vertel sy.

As ‘n onderwyser by Laerskool Pietersburg het Charlot haar kennis met die leerders gedeel.

“Ek dink dit is belangrik dat kinders nie net Afrikaans maar ook Engels moet kan praat. Die byvoeg van ‘n derde taal maak hulle net meer voorbereid om in vandag se lewe te kan komunikeer. Taal is ‘n baie magtige ding om oor te beskik en as ek deur wat ek doen die kinders beter maak is dit alles net soveel lekkerder,” vertel sy.

Verder moedig sy die kinders aan om ten minste ook ‘n derde taal aan te leer omdat ‘n persoon nie net die taal  self aanleer nie, maar ook die kultuur van die persoon wat die taal praat.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

 

Exit mobile version