BREAKING NEWS – Vaarwel aan ‘Prof Ernie’

Bekende, jarelange inwoner van Polokwane, Ernie Mocke, is gister (Sondag) oorlede op die ouderdom van 74 jaar. Volgens sy seun, Ernest, het Mocke ‘n lang stryd teen diabetes geveg. Mocke het ‘n doktorsgraad in onderwys gehad en was ten tyde van sy aftrede ‘n dekade gelede ‘n professor by die Universiteit van Limpopo. Sy seun …

Bekende, jarelange inwoner van Polokwane, Ernie Mocke, is gister (Sondag) oorlede op die ouderdom van 74 jaar. Volgens sy seun, Ernest, het Mocke ‘n lang stryd teen diabetes geveg.
Mocke het ‘n doktorsgraad in onderwys gehad en was ten tyde van sy aftrede ‘n dekade gelede ‘n professor by die Universiteit van Limpopo.
Sy seun Ernest sê sy pa het graag gesing en hy sal sy pa se stem altyd onthou. “Ek gaan die advies wat hy my altyd gegee het ook baie mis.”
Mocke laat sy vrou, vier seuns en sewe kleinkinders agter.
Die begrafnisdiens vind om 11:00 op Donderdag, 8 Februarie vanuit die NG Kerk-Oosgemeente in Polokwane plaas.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

 

Exit mobile version