NewsSchools

Oefening is tops by Kruinies se gimnasium

Curro Heuwelkruin het onlangs hulle hoë werksverrigting gimnasium oopgemaak bekendgestel waar die leerders hulle oefening kan in kry.

POLOKWANE – Oefening is belangrik, of ‘n person daarvan hou of nie. Die gesegde, ‘’n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees’ is ‘n stelling wat selfs aanklank vind by mediese dokters wat in hulle professionele hoedanigheid, gereelde oefening aanbeveel.

Om dié rede, het Curro Heuwelkruin onlangs hulle hoë werksverrigting gimnasium oopgemaak bekendgestel waar die leerders hulle oefening kan in kry.

Die leerders het tans ‘n vak, Kids Development Academy (KDA), wat soos die destydse liggaamsopvoedings is, waar hulle verskillende oefeningsprogramme wat deur ‘n biokinetikus uitgewerk is. “Leerders van gr. 4 tot gr. 12 het elke week KDA,” vertel Craig Adams, sport onderwyser by Curro Heuwelkruin.

Daar is vyf verskillende stasies naamlik die onderlyf fiksheidstasie, die bo-lyf fiksheidstasie, funksionele fiksheidstasie, kardio fiksheidstasie en die ply-metrix fiksheidstasie.

Die leerders het ook die geleentheid om verskillende spiere te oefen en sodoende hulle volle potensiaal te ontwikkel.

“Dit is belangrik vir die leerders om sport te beoefen en ‘n spesiale program te volg. Ons leer hulle om hulle volle potensiaal te bereik en as hulle liggaamskern sterk is, kan hulle soveel beter presteer. Ons leer hulle om ook die verskillende toerusting in die gymnasium te gebruik,” sluit hy af.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button