PHS swem uitdunne maak leerders gereed vir die swem seisoen

Al was die afgelope week se weer 'n bietjie ongunstig, het Hoërskool Pietersburg gewys wat in hulle steek en het Donderdag, 25 Januarie, die koue water in 'n reeks swem uitdunne aangepak.

POLOKWANE – Volgens Swem Organiseerder Adri Booysen, was dit bloot ‘n lekker geleentheid waar hulle die talent onder die jong swemmers kon waarneem en hopelik die verlies wat weens die gr. 12’s wat die skool verlaat, met ‘n nuwe groep swemmers kan vul. “Ons is baie opgewonde om te sien wat die skool se swemmers gaan oplewer,” las hy by.

Marjoné de Beer is een van die leerders wat tydens die swem uitdunne uitgestaan het weens die feit day sy meeste van haar items gewen het. Marjoné het reeds haar swem talent tydens haar laerskool loopbaan duidelik uitgebeeld en het voorheen ook aan die SA Kampioenskappe deelgeneem waar sy ‘n silwer medalje ontvang het.

PHS se gr. 8-sterre droom om die perfekte Pietie te wees

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version