Pieties wys talent tydens gradesportkragmeting

Atlete van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Dinsdag in hul massas aan die skool se jaarlikse gradesport deelgeneem. Voorheen bekend as die sterresport is die byeenkoms vanjaar as gradesport aangebied waar leerders in hul graadgroepe meegeding het. Die Absa-puntetabel is gebruik om die wengraad aan te wys. Elke graad het hul eie tema gekies en daarvolgens …

Atlete van Hoërskool Pietersburg (PHS) het Dinsdag in hul massas aan die skool se jaarlikse gradesport deelgeneem.
Voorheen bekend as die sterresport is die byeenkoms vanjaar as gradesport aangebied waar leerders in hul graadgroepe meegeding het. Die Absa-puntetabel is gebruik om die wengraad aan te wys.
Elke graad het hul eie tema gekies en daarvolgens op die pawiljoen vir die geesbeker gekompeteer. Die uitslae was teen druktyd nog nie bekend nie.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Chené van der Merwe, graad 12, probeer die 1,25 m-hoogte baas raak.
Jan-Hendrik Weyer, graad 10, wen die 400 m-hekkies in ‘n tyd van 59,91 sekondes.
Graad 10-leerder, Diana van Niekerk behaal ‘n wenafstand van 9,21 m in gewigstoot.
LJ Fick, graad 10 in aksie met die gewigstoot waar hy die eerste plek met 12,21 m, slegs 4 cm verder as die naaswenner, Japie Wentzel, inpalm.
Jenny-Lee Malan, graad 8, behaal ‘n afstand van 3,72 m in die verspring
Graad 9-leerder, Leon Potgieter wen loshande die 300 m-hekkies.
Exit mobile version