Pieties begin Finsbury krieketreeks met gemengde welslae

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15- en eerstekrieketspan het Saterdag in die eerste ronde van die Finsburyreeks vir 2018 teen Hoërskool Montana spiere gebult. Die o.15-span het koning gekraai en die voordeel van hul tuisveld benut toe Montana die loot gewen en besluit het om eerste te kolf. Pieties het van meet af aanvallende krieket gespeel …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.15- en eerstekrieketspan het Saterdag in die eerste ronde van die Finsburyreeks vir 2018 teen Hoërskool Montana spiere gebult.
Die o.15-span het koning gekraai en die voordeel van hul tuisveld benut toe Montana die loot gewen en besluit het om eerste te kolf. Pieties het van meet af aanvallende krieket gespeel en al hul opponente vir 226 uitgeboul.
Tydens PHS se kolfbeurt het die span 227 vir 4 behaal en die wedstryd met ses paaltjies gewen. Jan Grobler was die topkolwer met 101 lopies.
Die eerstespan het egter op hul baadjie gekry in die wegwedstryd waarin hul die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Hulle het sewe paaltjies vir ‘n totaal van 248 lopies in 50 beurte laat kantel, maar met Pieties se beurt in die kolfkamp het dit broekskeur gegaan en kon hul slegs 139 lopies, almal uit, bymekaar maak en die wedstryd met 109 lopies verloor.
PHS speel Saterdag teen Hoërskool Rustenburg. Die eer­stespan speel tuis, terwyl die o.15-span hul staal in Rustenburg sal wys.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die o.15-bouler van PHS, Afxenti Kkoutas in aksie tydens sy aflewering.
Exit mobile version