NewsSchools

Oosskool hou Voëltjieatletiek

Laerskool Pietersburg-Oos het al vroeg in die jaar al die leerders op die atletiekbaan aan die gang gehad tydens Vrydag se Voëltjiesport. Volgens die skoolskakelbeampte Marlene Thomson, is het al die leerders deelgeneem, en is hulle nie in spanne ingedeel nie. ‘n Nuwe rekord is opgestel deur Zoë Dunster-Van den Heever in die 200 m …

Laerskool Pietersburg-Oos het al vroeg in die jaar al die leerders op die atletiekbaan aan die gang gehad tydens Vrydag se Voëltjiesport.
Volgens die skoolskakelbeampte Marlene Thomson, is het al die leerders deelgeneem, en is hulle nie in spanne ingedeel nie.
‘n Nuwe rekord is opgestel deur Zoë Dunster-Van den Heever in die 200 m vir meisies o.13. Haar nuwe rekordtyd is 27.12. Die rekord waarop sy verbeter het, is dié van Liezl Scholtz wat in 2008 ‘n tyd van 28.85 behaal het.
Die toptwee atlete in elke item sal in die P1-atletiekbyeenkoms mee­ding wat op 31 Januarie by Hoërskool Pietersburg gehou word. Pietersburg Laerskool, Northern Academy, Nirvana Primary School en Pietersburg English Medium Primary School is van die skole wat sal deelneem.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

David Stander, o.12, wen die spiesgooi met ‘n indrukwekkende afstand van 23,94 m.
Langasem, Willie Willemse wen gemaklik die
1 500 m vir seuns o.13.
Surika Collins is gefokus op haar sprong in die o.13-verspring.
Kayla de Villiers is die wenner van die o.13-hoogspring gevolg deur Ashlynn Smit, Ancke Koekemoer, Christé Jordaan en Surika Collins
Ruben Weyer, o.13, vlieg deur die lug tydens sy verspringpoging.
Ashlynn Smit, hande in die lug tydens die o.13-verspring.
Anmarie Grobler,o.13, hardloop oor die wenstreep tydens die 1 500 m.
Mika Nolte, o.10 volg die gewig nadat sy gegooi het.
Albert Nolte, o.13, vlieg oor die dwarslat.
Chrisné de Jager en Emma Swamers, o.13, vat ‘n blaaskans tussen items.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button