NewsSchools

Groentjies nou volwaardige Tommies

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se graad 8-leerders het Saterdagmiddag hul oriëntering by die skool afgesluit en word nou as volwaardige Tommies beskou. Tommies se Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) spandeer elke jaar bykans ‘n week saam met die groentjies om aan hulle die skoollied en reëls en regulasies sowel as die geskiedenis van die skool te …

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se graad 8-leerders het Saterdagmiddag hul oriëntering by die skool afgesluit en word nou as volwaardige Tommies beskou.
Tommies se Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) spandeer elke jaar bykans ‘n week saam met die groentjies om aan hulle die skoollied en reëls en regulasies sowel as die geskiedenis van die skool te leer. Verskeie aktiwiteite om spangees te bou word gehou voor die nuwelinge en hul mentors Tom Naudé se graf in die Polokwane Wildreservaat besoek waar die graad 8-groep amptelik by die skool ingelyf word.
Die tradisionele moddergat sorg ook jaarliks vir groot opwinding onder die graad 8-leerders waar hulle sorgeloos kan vuil word en vir oulaas pret beleef voordat hulle hard aan die werk spring om die skool se beeld na buite uit te leef.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die meisies word nie oorgesien nie en Leila Holtzhausen wys haar durf.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button