Local NewsNews

Booswigte agtervolg man glo van bank na werkplek, steel R40 000

Die polisie ondersoek ‘n saak van diefstal vanuit ‘n motorvoertuig nadat booswigte ‘n man verlede Donderdag tot by sy werkplek in Goudstraat, Laboria, agtervolg het en R40 000 wat hy by ‘n plaaslike bank onttrek het, gesteel het. ‘n Bron van ‘n nabygeleë besigheid sê hulle sekuriteitsbeampte het hom van twee verdagte voertuie, ‘n BMW …

Die polisie ondersoek ‘n saak van diefstal vanuit ‘n motorvoertuig nadat booswigte ‘n man verlede Donderdag tot by sy werkplek in Goudstraat, Laboria, agtervolg het en
R40 000 wat hy by ‘n plaaslike bank onttrek het, gesteel het.
‘n Bron van ‘n nabygeleë besigheid sê hulle sekuriteitsbeampte het hom van twee verdagte voertuie, ‘n BMW en Volkswagen Golf, in die straat verwittig. Die polisie is glo in kennis gestel, maar het nie gereageer nie waarna die sekuriteitsmaatskappy geskakel is.
“Dit was nie vyf minute later nie toe die sekuriteitswag inhardloop en sê die man oorkant die straat is besteel,” sê die bron.
Die provinsiale polisie se kommunikasiehoof, Motlafela Mojapelo het die voorval bevestig en gesê die slagoffer het R40 000 by ‘n bank in Platinumpark onttrek en sy motor voor sy werkplek in Goudstraat se hek geparkeer.
“Hy het die motor met die geld in toege­sluit en die perseel ingestap. Oomblikke later het die sekuriteitswag hom geroep en gesê ‘n blou BMW het langs sy motor gestop, ‘n man het uitgeklim en iets uit sy voertuig verwyder. Die slagoffer het vinnig na sy motor gehardloop en gevind dat al die geld gesteel is,” sê Mojapelo.
Nog geen arrestasies is gemaak nie. Mojapelo waarsku dat mense nie geld of enige waardevolle items in voertuie moet laat nie.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button