Local NewsNews

Vierpotige vriende soek woonplek

Talle troeteldiere by die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging is tans opsoek na liefdevolle huise.

MOKOPANE – Die DBV het van Boerboelhonde tot Jack Russels wat nuwe base soek. Groter honde kos slegs R650 om aan te neem terwyl die kleiner honde R550 kos. Die kostes sluit sterilisering in. Voor aanneming plaasvind sal daar ‘n behoorlike inspeksie by die belangstellendes se woonplek gedoen word om seker te maak dat die omstandighede geskik is vir aanneming.

Die DBV is steeds in nood en vra die gemeenskap se hulp.

Marcelle Maritz, Bestuurder van die DBV, sê as elke inwoner R50 ‘n maand aan die DBV skenk, sal dit die vereniging aan die gang hou.

Sy vertel dat dit hartseer is om te sien hoe maklik mense hulle diere by die DBV aflaai en nie meer omgee nie.

Die bankbesonderhede waarin die geld betaal kan word is as volg: Absa Mokopane, Percy Fyfe, rekening nommer – 1023610465, tjek rekening, tak kode – 334-348.

Gebruik jou van en naam as verwysing.

Kontak gerus die DBV by (015) 491 3661 vir meer inligting.

Hierby foto’s van sommige honde wat aangeneem kan word

lionel@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button