Vakkeuses, wat kies jy?

Review het met ‘n paar leerders gesels om self te hoor watter vakke hulle graag sou wou kies.

POLOKWANE – Vandag se leerders het deesdae soveel vakkeuses om van te kies, maar so dikwels beland hulle in ‘n skool wat nie hulle gesogte vak aanbied nie. Review het met ‘n paar leerders gesels om self te hoor watter vakke hulle graag sou wou kies.

Toni de Kock wil ook graag drama as vak hê en sê dat mense wat goed is met drama baie talente het. “Ek dink dit is ‘n goeie ding om te doen.”
Leila Holzhausen vertel dat sy liggaams opvoeding sou wou hê. “Ek dink dit sal goed wees as ons oefeninge in die skool kan hê, waar ons geleer word om die regte style en tegnieke te hê vir die verskillende sportsoorte.
Larochelle de Beer is ook gelukkig in haar skool. “Ek het niks ekstra nodig by my skool nie.”
Tumisho Mokgato hou van tegnologiese vakke en is gelukkig om in ‘n skool te wees waar sy al die vakke van haar keuse kan hê.
Khethelo Dlamini wil ook graag musiek klasse hê. “Dit is lekker wanneer ‘n mens verskillende instrumente kan leer speel.”
Lindiwe Majola sou graag musiek as vak wou hê. “Wanneer ek sing is ek kalm en ontspanne. Wanneer ek Christelike musiek sing, voel ek nader aan God.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404
Exit mobile version