NewsSchools

Passie vir peuters Elbé se kompas

‘n Paar peuters in trane skrik glad nie vir Elbé Maritz af nie en kalm troos sy en vee trane af terwyl ander peuters in haar klas by Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum gretig drukkies aan hul nuwe onderwyser gee.

POLOKWANE – Die begin van die jaar is nie net ‘n nuwigheid vir die groep twee- tot drie-jarige peuters in die Speelbere klas by Osieteddies nie, maar ook vir Elbé wat vanjaar by Osieteddies se personeel aansluit.

“Hierdie is die derde jaar wat ek by dié ouderdomsgroep is en ek geniet dit vreeslik,” vertel sy terwyl sy een van die kinder, Ruben Venter, se trane afvee.

Voordat Elbé besluit het om onderwys te studeer, het sy administrasie werk gedoen. “Ek het administratiewe werk by Suikerbekkie Kleuterskool gedoen en het besef ek wil graag met kinders werk nadat ek gesien het hoe lekker en vervullend dit is.”

Oor hoekom juis hierdie ouderdomsgroep, antwoord sy dat sy dit verkies omdat kinders speel-speel kan leer op dié ouderdom. “Op hierdie ouderdom word kinders dikwels nog by dagmoeders gelos. Ons leer hulle dus op ‘n speel-speel wyse van kleure, hulle ligame en selfs om te tel.”

Elbé vertel dat dit vir haar baie lekker is om ‘n verskil in die peuters se lewens te maak. “Hulle sal jou as onderwyser vir die res van hulle lewens onthou. Die kinders se verskillende persoonlikhede is ‘n uitdaging maar ek geniet elke oomblik daarvan.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Back to top button