Local NewsNews

Help so met skoolbenodigdhede vir behoeftiges

'n Groep vroue in die stad het dit hul missie gemaak om kinders en families in nood met skoolbenodigdhede by te staan.

POLOKWANE – Dié groep vroue, onder wie Daleen Curtin, het die inisiatief ‘n paar jaar terug op die been gebring.

“Ons samel skryfbehoeftes en skoolklere onder mekaar in vir behoeftige kinders van alle ouderdomme in toevlugsoorde.

“Ek sal byvoorbeeld vra of iemand skoolklere het vir ‘n vyfjarige kind en dan sal die ander vroue van hulle netwerke gebruik maak om die nodige items te bekom.

“As daar byvoorbeeld ‘n oorvloed is van ‘n sekere item, soos skryfbehoeftes, sal daar weer gevra word of daar iemand is wat die spesifieke items benodig,” verduidelik Daleen.

Dié vroue het self kinders en dus weet hulle wat die skoolbehoeftes vir kinders is en kon hulle ‘n skryfbehoeftelysie saamstel waarmee hulle dan die nodige items vir behoeftige kinders insamel.

Enige iemand wat ‘n bydrae wil maak van hierdie inisiatief of dalk moontlik betrokke wil raak kan vir Daleen by 082 836 9444 te kontak vir meer inligting.

reporter03@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button