Local NewsNews

Slagate in Mokopane: ‘ons dorp val uitmekaar uit’

Volgens Mokopane se inwoners, het 'n persoon 'n 4x4 en 'n kollig nodig om in die donker strate, met al sy slaggate, te kan ry.

MOKOPEANE – Vryheidsfront Plus Limpopoleier, Marcelle Maritz, sê sy het soveel klagtes vanaf die gemeenskap ontvang en ook gedeel dat die saak nie meer geïgnoreer kan word nie asook dringende aandag verg.

Bosveld het Maritz Dinsdagoggend tydens ‘n inspeksie van die slaggate vergesel.

“Die slaggate noord van die ingang na die dorp in Thabo Mbekistraat is ‘n groot kopseer,” vertel sy.

Marcelle Maritz, (Limpopo Leier van Vryheidsfront Plus) wys dat padverbruikers al langs die pad ry in Hoogestraat om die slaggate te vermy.

Tydens die ondersoek in Thabo Mbekistraat, was daar ‘n gesin vanaf Indië wat as gevolg van ‘n papwiel, wat deur ‘n slaggat veroorsaak is, gestrand gesit.

Volgens Maritz het die gesin gevolglik hulle vlug terug Indië toe verpas.

Marcelle Maritz, (Limpopo Leier van Vryheidsfront Plus) het tot die redding gekom vir die gesin van Indië wat langs die pad gestrand gesit het.

“Ek het die gesin bygestaan en hulle na ‘n motorbandhandelaar verwys wat hulle sou help. Ek is gedurende die feesseisoen met oproepe van toeriste wat deur ons dorp ry en ‘n band as gevolg van ‘n slaggat verloor, oorval.

“Dié mense sit gestrand langs die pad en het geen heenkome en weet nie waar om vir hulp aan te klop nie, en meeste besighede is oor die feesseisoen gesluit,” vertel sy.

Rian van Heerden,(Eienaar van Doen dit met Rian) en sy span tesame met Marcelle Maritz, (Vryheidsfront Plus Limpopo Leier) hard aan die werk in Thabo Mbeki straat.

Maritz het Doen dit met Rian se eienaar, Rian van Heerden, se hulp gevra en Van Heerden het onmiddellik sy span reggekry om ‘n slaggat op die hoek van Voor- en Thabo Mbekistraat te herstel.

Volgens Van Heerden is dié paaie se toestand hoogs onaanvaarbaar en hou dit ook lewensgevare in.

“Padverbruikers moes vir die slaggat op die hoek van Voor- en Thabo Mbekistraat in die aankomende verkeer in uitswaai.

“Kan jy dink as daar ‘n trompop botsing was, wie sou die skuld en koste daarvoor dra? Nie die munisipaliteit nie, die onus sou op die padverbruiker val,” vertel hy.

Marcelle Maritz, (Vryheidsfront Plus Limpopoleier) in een van die slaggate.

Maritz het ook aan Bosveld uitgebeeld hoe sy tot 20 cm diep in die slaggate in kan staan.

Sy maan die gemeenskap om versigtig te ry en op die uitkyk te wees vir slaggate in die volgende strate: Thabo Mbeki, Hooge, Umkomaas, Rabe, Tin, Mogol, Van Heerden, Schoeman, Bezuidenhout, Park, Chroom en nog strate in die industriële uitbreiding.

“Die hele dorp val uitmekaar uit. Daar word geen onderhoud of herstelwerk van enige aard gedoen nie.

“Ek het persoonlik bevestiging vanaf die Mogalakwena Munisipaliteit gekry dat daar geen geld beskikbaar is vir enige herstelwerke nie, dit sluit in padherstel, straatligte, riool of elektriese herstelwerke,” vertel sy.

“Daar is van die vorige begrotingsrede nie veel herstelwerk of onderhoud van enige aard gedoen nie en daar is reeds nie geld nie.

“Dit is belastingbetalers se geld en ek wil weet waarheen al die geld is? Dit is vir my ‘n groot kommer dat daar nie verantwoordelikheid geneem word vir die stand van sake in Mokopane nie en dat daar nie ‘n plan in werking is nie.”

Teen druktyd het Bosveld nog geen terugvoer van die Munisipale Woordvoerder, Malesela Selokela, af ontvang nie.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button