NewsSchools

Matriek 2017: Tommies ontvang uitslae 

Trane van verligting, dankbaarheid en ook teleurstelling het gevloei toe gr.12 leerders van 2017 van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé op Vrydag hul uitslae ontvang het.

POLOKWANE – Skoolhoof, Piet Holtzhausen, vertel dat HTS Tom Naudé op opleiding van werkskeppers en vaardige tegnici fokus.

“Ons gr.12’s se vaardighede plaas hulle ‘n paar tree voor in die arbeidsmark omdat hulle sonder enige verdere opleiding onmiddelik in diens geneem kan word. Baie geluk aan die klas van 2017.”

Chris Viljoen beklee die topposisie met 82.57% met vyf onderskeidings. Armich Lottering is kort op sy hakke met 79.28% en twee onderskeidings.

Lisa Schoeman behaal derde plek met 76.57% en twee onderskeidings.

Die res van die Top 7:

4. Ignatius Rademeyer met 75.28%.

5. Thintha Chuma: 73.7%.

6. Malotana Thibedi 73.14%.

7. Mpho Makaleng: 72.57%.

“Mag die boustene van die afgelope vyf jaar vir julle vlerke gee om die toekoms vreesloos aan te pak.”

 maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button