Oud-Pottiekaner Wilma van der Walt (43) gevind

'n Oudleerder van Hoërskool Piet Potgieter, Wilma van der Walt (43), voorheen Van der Nest, wat in 1992 gematrikuleer het, het spoorloos verdwyn.

MOKOPANE – ‘n Oudleerder van Hoërskool Piet Potgieter, Wilma van der Walt (43), is gevind en ongedeurd.

Marietjie Britz, sister van Wilna vd Walt sê: “Ons familie is baie dankbaar Wilna is gevind en ongedeurd.” Die familie vra dat die publiek hulle privaatheid moet respekteer en geen verdere kommentaar op sosiale media sal gelewer word nie.


Oud-Pottiekaner verdwyn spoorloos, mense rasend

MOKOPANE – Volgens Lizelma Retters, ‘n oudskoolmaat van Van der Walt, het sy toevallig op Facebookplasings afgekom en besef dit is haar oudskoolmaat.

“Volgens die Pink Ladies se plasing het Van der Walt verlede Dinsdag spoorloos verdwyn. Sy is laas gesien in Danville en sy het ‘n hemp met ‘n diervelmotief aan gehad en die res van haar klere kan nie met sekerheid bevestig word nie. Dit is erg as ‘n mens op so iets afkom op Facebook en jy besef dit is een van jou skoolmaats.”

Volgens Retters het die Pink Ladies Facebookblad die inligting verlede Donderdag geplaas en is dit sedertdien al 509 keer gedeel maar daar is nog geen tyding ontvang of ‘n positiewe leidraad wat opgevolg kan word nie. “Ons kan maar net bid in so ‘n geval en hoop vir die beste.”

As iemand inligting het, kontak ao. WT Baloyi van SAPD se kantoor in Pretoria-Noord by (012) 353 5600/5666 of die Pink Ladies by 072 214 7439, 083 378 4482 of 072 620 7704.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Exit mobile version